FAQ
Wie betaal belasting op ‘n erfenis?
Die erflater. Indien daar nie voldoende
fondse is nie, moet die erfgename pro rata tot boedelbelasting bydare. Indien erfgename nie kan of wil bydra nie, moet bates verkoop word om uitstaande fondse te delg.
Moet ek boedelbelasting betaal?
Slegs betaalbaar in gevalle waar die netto boedel meer as R3.5 miljoen is.
Kan my gade steeds ons bankrekening gebruik nadat ek sterf?
Nee. Sodra ‘n persoon te sterwe kom val sy boedel in die beheer van sy Eksekuteur. Indien enige fondse onttrek word, kan die Eksekuteur daardie persoon versoek om die fondse terug te betaal aan die boedel.
Sal die Eksekuteur die bates in die boedel verkoop?
Bates word slegs verkoop in die geval waar daar nie voldoende fondse in die boedel is om die laste te betaal nie en die erfgename nie in ‘n posisie is om die uitstaande fondse te betaal nie.
Wat gebeur met my pensioenfonds?
‘n Pensioenfonds voordeel vorm nie deel van ‘n boedel nie, en begunstigdes van die voordeel word geadviseer om direk met die pensioenfonds in verbinding te tree.
Wat gebeur met my lewensversekering?
Lewensversekering word uitbetaal aan die genomineerde begunstigde.
Wat gebeur met my vuurwapens?
Vuurwapens moet deur ‘n persoon gestoor word wat deur die Eksekuteur gemagtig is om dit te doen. Indien niemand die vuurwapen wil erf nie, sal dit verkoop word of by die SAPD ingehandig word om vernietig te word.